document_id int64 0 5.02k | document_filename stringlengths 9 106 | line_id int64 1 81.3k | text stringlengths 7 3.62k |
|---|---|---|---|
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 101 | Nadat jou dokter jou ondersoek het en die aansoekvorm ingevul het, moet jy die vorm, tesame met 'n herhalende doktersvoorskrif, na 0866 51 8009 faks vir verwerking. Jy kan dit egter ook e-pos aan chronicDSP@gems.gov.za. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 102 | Maak altyd seker dat jou aansoek volledig ingevul is én deur jou sowel as jou dokter onderteken is. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 103 | n Kliniese span sal vervolgens jou besonderhede hersien en, indien nodig, jou dokter kontak (hetsy telefonies of skriftelik) met die oog daarop om meer geskikte en/of minder duur medikasie te kies. Jy sal 'n SMS ontvang wat die status van jou aansoek (ontvangs en goedkeuring) aandui. Jou versoek sal ongeveer sewe werks... |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 104 | E 'n Afsonderlike chroniese aansoekvorm moet vir elke familielid wat chroniese medisyne benodig, ingevul word.E Hou 'n afskrif van jou ingevulde vorm vir jou eie lêers.E Heg ondersteunende toetse/spesiale ondersoeke en motiverings (soos benodig) aan om vertragings met die verwerking van jou aansoek te voorkom. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 105 | Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal jy 'n magtigingsbrief ontvang waarin die medisyne gelys word wat uit jou Chroniese Medisyne-voordeel betaal sal word. Die brief sal ook aandui watter medisyne op die goedgekeurde Medisynepryslys (MPL) is, asook daardie medisyne wat buiteformule-medebetalings gaan noodsaak. Alternati... |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 106 | As jou aansoek afgekeur word, sal jy 'n brief ontvang, terwyl 'n afskrif aan jou voorskrywende dokter gestuur sal word. indien verdere kliniese inligting benodig word, sal jou versoek oorweeg word nadat al die tersaaklike inligting van jou dokter verkry is. Jou dokter kan 0860 100 608 om bystand skakel. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 107 | As jou chroniese medikasie op enige wyse verander, moet jy GEMS daaromtrent verwittig. Faks asseblief 'n herhaalbare doktersvoorskrif vir die nuwe medikasie na GEMS se aangewese chroniese diensverskaffer (ACDV) by 0866 51 8009. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 108 | Aflewering van medikasie n ACDV-konsultant van GEMS sal jou binne 48 uur skakel om vir die aflewering van jou medikasie te reël. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 109 | Na verwerking van jou aansoekvorm sal jy 'n SMS ontvang om die ontvangs van jou aansoek te bevestig. Jy sal op soortgelyke wyse ingelig word indien enige bykomende dokumente benodig word om die registrasie van jou aansoek te voltooi. |
0 | (1124200875659 AM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 110 | By voltooiing van die registrasie van jou aansoekvorm, sal 'n lidmaatskapstel wat jou lidmaatskapkaarte en 'n omvattende ledegids insluit, na jou posadres gepos word. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 112 | Ons het aan die einde van 'n lang winter gekom. 'n Winter waarin ons beproef is deur bitterlik koue Hoëveld-temperature, die Kaap deurgeloop het onder storms en 'n nuwe griepvirus mense oor die hele wêreld laat aanklop het om mediese hulp. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 113 | Terwyl ons deur die winter gebibber het, het GEMS se lidmaatskap gegroei tot ver meer as 'n miljoen begunstigdes. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 114 | Jaarvergadering in Nelspruit aangebied, baie positiewe finansiële resultate bekend gemaak, 'n splinternuwe DotMobi-webwerf en 'n hele aantal nuwe dienste vir lede bekend gestel, insluitend 'n SMS-voordele-naslaandiens, 'n moederskapprogram en 'n GEMS-welstand-ondersoekdiens. Jy kan meer hieroor lees in hierdie uitgawe ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 115 | Sedert GEMS se ontstaan het hy definitief voldoen aan sy mandaat, naamlik om bekostigbare gesondheidsorg-voordele van gehalte aan werknemers van die staatsdiens te bied. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 116 | Met meer as 'n miljoen geregistreerde begunstigdes bied GEMS nou dekking aan 2% van die Suid-Afrikaanse bevolking. As 'n mens in ag neem dat 55% van alle GEMS-lede nie voorheen dekking gehad het nie, is dit merkwaardig dat GEMS oor 'n tydperk van drie jaar mediesefondsvoordele ingevoer het vir ongeveer 1% van die bevol... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 117 | Ons is ook die afgelope winter warm gehou deur die vele roerende briewe wat ons van lede regoor die land ontvang het as deel van die GEMS-Sisonke-kompetisie. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 118 | Hanteer werkstres-Wenke vir gesonde eetgewoontes -Begin beweeg! |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 119 | Dankie vir al die wonderlike stories wat julle met ons gedeel het. Hierdie briewe wat ons ontvang, is 'n bewys dat GEMS 'n ongelooflike rol speel in die liggaamlike welstand en gemoedsrus van ons lede. Dit is goed om te weet dat GEMS daar was vir lede wanneer hulle ons nodig gehad het, en in die toekoms ook daar sal we... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 120 | Die wenners in die GEMS-Sisonke-kompetisie word in hierdie nuusbrief aangekondig. Sonder om iets te verklap, móét ek die wenners van die kompetisie en alle lede wat deelgeneem het, gelukwens. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 121 | Die winter word altyd opgevolg deur die verfrissende nuutheid en nuwe lewe van die lente! Dit is hierdie "nuutheid van die lewe" wat ek graag aan lede wil bring in hierdie, die 3de kwartaal se uitgawe van facets. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 122 | Immer ontevrede met gister se sukses, is dit vir my aangenaam om julle in te lig dat die 2de kwartaal se uitgawe van facets nou in elk van die elf amptelike Suid-Afrikaanse tale in elektroniese formaat op die GEMS-webwerf beskikbaar is. Teen 2012 sal ons al die Fonds-inligting in al die amptelike tale beskikbaar hê. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 123 | Ek vertrou julle sal hierdie uitgawe van facets geniet. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 124 | Om met MIV/vigs saam te leef is 'n baie persoonlike saak, en om jouself te bemagtig beteken nie jy hoef jou persoonlike uitdaging openbaar te maak nie. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 125 | MIV/vigs kan so privaat bly soos wat jy wil hê dit moet wees. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 126 | Aid for AIDS (AfA) is 'n MIV/vigs-siektebestuursmaatskappy wat vir GEMS werk om vir jou die vertroulike ondersteuning te bied wat jy nodig het as jy MIV-positief is. Hulle kan ook help indien jy bloot meer inligting oor die siekte verlang. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 127 | Eunice , 'n onderwyseres, het sewe jaar gelede haar status uitgevind toe sy besluit het om getoets te word nadat nog 'n gesinslid dood is. "Die moeilikste deel is om te weet wat jou status is. Deur te registreer vir GEMS se MIV-siektebeheerprogram, wat deur AfA bestuur word, het beteken ek sou leiding en advies kry by ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 128 | Ondanks die morbiditeit en gevolge van die siekte is daar 'n uitweg. "Ek was siek en sat daarvoor om depressief te voel daaroor," sê Eunice. "Ek kon snags nie slaap nie omdat ek so bekommerd was. Toe ek uiteindelik vir die Afa-program geregistreer was, was hulle baie geduldig en simpatiek. Hulle het aan my verduidelik ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 129 | Daar is baie mense soos Eunice wat besluit het om verantwoordelikheid te neem vir hul lewenskwaliteit omdat hulle nie wil hê MIV moet die oorsaak van hul dood wees nie. AfA bied al die mediese dienste wat jy nodig het. Hulle gee vir jou ook nuttige inligting oor die siekte waarvan jy dalk nie bewus is nie. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 130 | Sifiso , 'n administratiewe klerk, het gevind dat AfA hom gehelp het om sy gesondheid weer onder beheer te kry. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 131 | Leefwyse', wat my wys hoe om my nuwe lewe te leef. Daar is inligting oor hoe om my besittings skoon te hou en my vrugte en groente te was sodat ek nie bakteriële infeksies opdoen nie. Hulle het my ook vertel watter kossoorte goed is vir my en hoeveel oefening en slaap ek nodig het. Om die waarheid te sê, ek voel nou be... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 132 | Sifiso om hulself te bemagtig, terwyl die Fonds sorg vir al die tegniese aspekte. Die behandeling word noukeurig en deurlopend gemonitor sodat optimale resultate verkry kan word. Die dokters en laboratoriumpersoneel maak seker dat elke pasiënt op die regte medikasie is sodat hul lewens normaal kan voortgaan. Elke pasië... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 133 | Registreer vertroulik by AfA deur hulle by 0860 100 646 te bel of deur die aansoekvorm by www.gems.gov.za af te laai. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 134 | Niks goeds het nog ooit daarvan gekom om paniekerig te raak nie! Inteendeel, dit maak alles net erger. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 135 | Kommunikasie vertroebel, betekenis verdwyn en onwyse besluite word geneem. Dit is wat nou in ons land en die res van die wêreld gebeur met betrekking tot "varkgriep", "Meksikaanse griep", of die H1N1-virus, ondanks opregte pogings deur mediese beroepslui om die publiek oor die feite in te lig. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 136 | Lucille Blumberg, Hoof van Epidemiologie aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), vertel ons dat H1N1 geensins 'n dodelike virus is nie. "Indien jy kyk na die sterftesyfer en komplikasiekoers kyk, is dit nie gevaarliker as gewone seisoenale griep nie. Ek dink dit is belangrik vir mense om te weet da... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 137 | Volgens die NIOS is daar op die oomblik in werklikheid meer gevalle van seisoenale griep as van varkgriep in die land. Die rede hoekom varkgriep 'n bekommernis geword het, is eenvoudig omdat dit 'n nuwe virus is. Mense is nie so immuun daarteen soos wat die geval is met ander, gevestigde griepvirusse waaraan hulle reed... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 138 | Varkgriep manifesteer soos seisoenale griep, met baie simptome wat baie dieselfde is as seisoenale griep, byvoorbeeld koors, hoofpyn, lugweginfeksie, hoes en 'n loopneus. Varkgriep is egter ook anders as seisoenale griep wat sommige simptome betref. Gevalle van borspyn, diarree en naarheid is aangeteken. Sommige pasiën... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 139 | Indien jy enige van die bogenoemde simptome ervaar, besoek jou huisdokter voordat jy hospitaal toe jaag of probeer om oseltamivir (Tamiflu), die teenmiddel vir varkgriep, te koop. Alhoewel sommige dokters Tamiflu voorskryf sonder bevestiging van infeksie, stem ander saam dat dit jou in die toekoms weerbaarder sal maak ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 140 | Net só sal 'n goeie dokter nooit'n antibiotikum voorstel as voorsorgmaatreël nie, aangesien dit die pasiënt se vermoë aansienlik verlaag om van bakteriële infeksies te herstel. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 141 | Die NIOS se raad is dat die doeltreffendste manier om varkgriep te vermy, is om die gewone voorsorgmaatreëls net 'n bietjie strenger na te volg. Konsentreer daarop om jou hande gereeld en deeglik te was en vermeerder jou inname van vloeistowwe. Jy kan ook meer vitamien C en B inneem. Laaste maar nie minste nie, doen di... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 142 | Beplan jy om binnekort af te tree As jy wil voortgaan met jou GEMS-lidmaatskap, moet jy ons ten minste 'n maand voor jou beplande aftrede daarvan in kennis stel ten einde te verseker dat jou gesondheidsorg-voordele ononderbroke voortgaan. Vroeë kennisgewing stel die Fonds in staat om jou sonder probleme na pensioenaris... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 143 | Indien jy 'n aktiewe lid van die Fonds is wat wil voortgaan as 'n pensioenaris, moet jy 'n nuwe aansoekvorm invul. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 144 | van en vir datum aftrede bankbesonderhede debietorder-aftrekkingsdoeleindes; en indien jy reeds 'n brief van die Nasionale Tesourie het wat jou subsidie as pensioenaris bevestig, stuur dit ook asseblief vir ons. Dit verseker dat ons jou aansoek so doeltreffend moontlik kan verwerk. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 145 | Alle vereiste dokumentasie sal aan die Staatsdienswerknemers-pensioenfonds (SWPF) gestuur word vir goedkeuring van jou subsidie. Jou aansoek sal hangende bly totdat ons die subsidie-goedkeuring van die SWPF ontvang. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 146 | Jy kan egter kies om jou voordele te behou tot jou subsidie deur die SWPF bevestig is. Sodra jy instem om intussen 100% van jou bydraes te betaal, sal jou status as pensioenaris-lid onmiddellik geaktiveer word. Wanneer die SWPF bevestig dat jy 'n subsidie ontvang, sal die subsidie-gedeelte wat jy reeds betaal het, aan ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 147 | Lees die antwoorde op vrae wat dikwels gevra word hieronder om meer te wete te kom oor hierdie belangrike voordele. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 148 | Watter voordele-limiet het ek vir tandheelkundige dienste? |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 149 | Ruby-lede se tandheelkundige dienste (buite die hospitaal) word teen 100% van die Fondstariewe betaal en is onderworpe aan die lede se Persoonlike Mediese Spaarrekening (PMSR). Hierdie opsie het 'n beperking van R2 000 per begunstigde per jaar vir behoudende/herstellende tandheelkunde in 'n hospitaal. Gespesialiseerde ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 150 | Emerald-lede het 'n tandheelkundige voordeel met 'n gedeelde limiet van R6 300 per begunstigde vir elke twee kalenderjare. Eise word betaal teen 100% van die Fondstariewe. Daar is ook 'n sublimiet van R1 050 per begunstigde vir behoudende en herstellende tandheelkunde. Hierdie limiet word gedeel met die binne-hospitaal... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 151 | Die tandheelkundige voordeel vir Onyx-lede'n gedeelde limiet met binnehospitaal-tandheelkunde van R10 418 per begunstigde vir elke twee kalenderjare. Eise word ook betaal teen 100% van die Fondstariewe. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 152 | Wat as ek tandheelkundige behandeling onder narkose nodig het? |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 153 | Jy moet vooraf magtiging kry vir alle prosedures wat algemene narkose of bewustelike kalmering vereis. Voordat jy hierdie tipe behandeling ondergaan, moet jou tandarts 'n motivering gee wat verduidelik hoekom algemene narkose of kalmering nodig is. Alle opnames van begunstigdes ouer as agt jaar moet gemotiveer word deu... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 154 | Maak asseblief seker dat jy ten minste 48 uur voor behandeling magtiging kry vir hospitalisasie, tensy dit 'n noodgeval is. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 155 | Jy het nie vooraf magtiging nodig vir kroon- en brugwerk nie. Dit is egter onderworpe aan die Fonds se reëls en beheerde-sorg-protokolle. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 156 | Wat as ek gespesialiseerde tandheelkunde nodig het? |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 157 | Bel GEMS by 0860 00 4367 voordat jy enige gespesialiseerde tandheelkunde ondergaan om te bevestig dat jy voordele beskikbaar het en dat die prosedure gedek sal word. 'n Skriftelike behandelingsplan en kosteraming van jou tandarts af sal help om te bepaal of jy die nodige voordele het. Dit is veral belangrik voor jy tan... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 158 | limiet of voordeel. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 159 | Besoekers aan ons streekkantore was sekerlik beïndruk deur die kleurryke nuwe voorkoms. Hierdie nuwe handelsmerk-voorsiening van ons kantore strook met die voorkoms en gevoel van alle GEMS-kommunikasie. Die kantore is duidelik sigbaar en onmiddellik herkenbaar. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 160 | te leer hoe om aan te sluit en jou afhanklikes te registreer as jy 'n voornemende lid is, en toegang te kry tot alle belangrike Fondskontakbesonderhede. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 161 | n Magdom inligting word na jou selfoon gebring en is beskikbaar met die druk van 'n paar knoppies op jou selfoon. Wees op die uitkyk vir die volgende uitgawe van WEB SMART, wat die webwerf in meer besonderhede sal bespreek en jou nuttige wenke sal gee. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 162 | Ons is trots om die mobiele webwerf, GEMS DotMobi, bekend te stel - nog 'n innoverende diens wat deur GEMS ontwerp is met jou in gedagte. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 163 | Navorsing het gewys dat meer mense in Suid-Afrika via hul selfone in plaas van hul rekenaars toegang tot die internet verkry. Dit is hoekom ons hierdie webwerf geskep het; om seker te maak dat GEMS se aanlyndienste toeganklik is vir soveel as moontlik van ons kliënte. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 164 | Met GEMS DotMobi het jy toegang tot inligting oor jou eise, voordele en baie meer - enige plek, selfs wanneer jy nie naby 'n rekenaar is nie. Internettoegang via jou selfoon is ook een van die goedkoopste maniere om toegang tot die web te kry - die gemiddelde GEMS DotMobi-webwerfbladsy sal slegs tussen een en vier sent... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 165 | GEMS DotMobi is ontwikkel om jou toegang tot jou mediese fonds te bied en belangrike Fonds-inligting beskikbaar te stel. Maak eenvoudig jou Hierdie seksie is reg langs die kennisgewing-blok. Hierdie stories is belangrike brokkies wat gewoonlik verwys na nuwe dienste wat deur GEMS gebied word, of belangrike lede-inligti... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 166 | Twee maniere waarop ons jou help om dit te doen is die SMS-gebaseerde Vriende-van-GEMS- en die SMS-Voordele-soekdiens. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 167 | Gesondheidsorgverskaffers landwyd, soos algemene praktisyns, tandartse, aptekers, fisioterapeute, sielkundiges, spraakterapeute, optometriste, het ingeteken om "Vriende van GEMS" te word. Hierdie verskaffers het toegestem om nie vir GEMS-lede enige bybetalings of ekstra koste te laat betaal vir dienste wat gelewer word... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 168 | GEMS sal onmiddellik via SMS antwoord met die kontakbesonderhede van tot drie tandartse in die Pretoria-Noord-gebied wat "Vriende van GEMS" is. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 169 | Meer as 10 000 gesondheidsorgverskaffers in meer as 35 dissiplines het al vir die "Vriende van GEMS"-program geregistreer sedert dit in Oktober 2007 bekend gestel is. 'n Jy is nooit ver van 'n "Vriend" af as jy een nodig het nie. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 170 | Die SMS-Voordele-soekdiens stel jou in staat om presies te weet watter voordele jy nog beskikbaar het. As jy 'n dokter moet besoek om 'n prosedure te ondergaan, kan jy jou beskikbare voordele nagaan deur 'n SMS na 33489 te stuur (elke SMS kos R1,50). |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 171 | n Stap-vir-stap-gids oor hoe om die SMS-Voordele-soekdiens te gebruik is na jou toe gepos, en die gids is ook beskikbaar in die 2de kwartaal se uitgawe van facets. Jy kan ook die volledige stap-vir-stap-gids op die GEMSwebwerf vind deur www.gems.gov.za te besoek. Al wat dit jou kortliks kos, is om die volgende SMS na 3... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 172 | GEMS sal onmiddellik via SMS antwoord met die nuutste inligting oor jou beskikbare voordele. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 173 | Voel jy gestres by die werk Al is stres 'n normale deel van jou daaglikse roetine, beïnvloed oormatige stres jou vermoë om doeltreffend te werk en bedreig dit jou liggaamlike en emosionele welstand? |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 174 | Sien om na jouself: Die verbetering van jou liggaamlike en emosionele welstand sal help om werkstres te klop. Oefening en gesonde eet- en leefstylgewoontes is noodsaaklik. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 175 | Vermy negatiewe gewoontes en houdings: Identifiseer negatiewe houdings wat bydra tot jou stres en werk daaraan. Prioritiseer en organiseer: Balanseer jou lewe deur voldoende tyd te skep vir werk- sowel as nie-werkverwante aktiwiteite, en delegeer as jy kan. Verbeter verhoudings by die werk: Beter verhoudings met jou ko... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 176 | Eet om te leef: Moenie meer kos eet as wat jou liggaam nodig het nie. Eet 'n verskeidenheid kosse: Kosse uit al die voedselgroepe (proteïen, stysel, koolhidrate en minerale) is nodig. Probeer om vis, neute, groete en vrugte te eet wat jy nie normaalweg eet nie. Matigheid: Wanneer jy kos eet wat hoë kilojoules het, kies... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 177 | Beperk verfynde graanprodukte en kosse met baie suiker of sout. Vermy die middernag-peuselhappie. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 178 | By die GEMS-Welstand-ondersoekdae wat in departemente aangebied is, was oefening die een ding wat julle, ons lede, uitgelig het as iets wat julle meer van sou wou doen. Ons almal weet dat oefening lewensbelangrik is, maar ons weet ook dat dit regtig moeilik is om aan die gang te kom. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 179 | kan help om die pad na 'n fikser, gesonder jy aan te durf. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 180 | Begin stadig: Moenie te veel van jouself verwag nie! Begin stadig en beweeg teen jou eie pas. Deur te vinnig en veeleisend te begin kan lei tot besering en jy kan oorweldig voel voordat jy nog eers begin het. Bel 'n vriend: Deur saam met 'n vriend, in 'n klas of groep te oefen, kan help om jou gemotiveer te hou. Daar i... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 181 | Let wel: Hierdie gesondheidswenke vervang nie die mediese advies wat jou gesondheidsorgverskaffer gee nie. Vir meer inligting oor gesonde eet- en leefstyl-gewoontes bel die gesonheidsorghulplyn by 0860 00 4367. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 182 | Ons is oorweldig deur die sielsverkwikkende briewe wat ons ontvang het van ons lede wat in hul menigtes aan die GEMS-Sisonkekompetisie deelgeneem het. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 183 | Dit was wonderlik om soveel spesiale briewe te ontvang. Dankie aan almal wat die tyd ingeruim het om in te skryf vir die GEMS-Sisonke-kompetisie - dankie dat julle ons laat weet het dat ons 'n hele klomp goed reg doen. Ons was so oorweldig deur julle kommentaar oor hoe GEMS daar was vir julle dat ons nie in staat was o... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 184 | Naweek-wegbreek vir twee, insluitend vlugte, motorhuur, eerste-prys-wenners 1ste huisvesting en maaltye in die provinsie van jou keuse. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 185 | Mary Gama, 'n onderwyseres van KZN, wie se seun van twee weke oud ernstig siek was en asemhalingsprobleme ondervind het. GEMS het 'n helikopter gereël om hom na die Pietermaritzburg-Medi-Clinic te neem waar hy vir twee weke gehospitaliseer is. Vandag is hy 'n baie groot, liefdevolle baba van agt maande oud! |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 186 | Suzan Malindi, 'n administrasieklerk van Mafatsane, wie se babadogter deur 'n drup gebrand is net ná geboorte. GEMS het alle uitgawes betaal en is soos "'n tweede man" vir haar. Ongelukkig het haar man haar verlaat weens al die rekeninge wat hy gedog het hy sou moes betaal het! Suzan se boodskap aan almal wat by GEMS a... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 187 | tweede-prys-wenners 2de'n Eendag-wegbreek vir twee by een van Suid-Afrika se top-gesondheidspa's! |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 188 | Faith Motlhabane, 'n eerste datatikster van Krugersdorp, wie se ma siek geword het en as afhanklike by GEMS aangesluit het. Hierdie proses het slegs twee dae geneem. In die laaste twee jaar het Faith se ma twee operasies nodig gehad - wat albei deur GEMS betaal is. Ongelukkig is sy in Maart vanjaar oorlede, maar danksy... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 189 | Welgedaan aan ons wenners van die Sisonke-kompetisie. Begin sommer Leon Crause, 'n onderwyser van Robertson, moes vergroeisels van sy stembande laat verwyder, 'n algehele knie nou al daardie stories bymekaar maak vervanging ondergaan, en hy het 'n hartaanval gehad! Hy waardeer die hulpvaardigheid, vriendelikheid en emp... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 190 | maar ook omdat hulle seker gemaak het dat hy die bes moontlike behandeling kon kry. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 191 | GEMS is spesifiek geskep vir staatsdienswerknemers. Niemand wat nie 'n lid van die staatsdiens is nie, mag aan GEMS behoort nie. As jy uit die staatsdiens bedank, moet asseblief nie probeer om jou GEMS-lidmaatskapkaart te gebruik vir gesondheidsorgdienste nie. Enige eise wat aan jou of 'n gesondheidsorgverskaffer betaa... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 192 | Gesondheidsraad vir GEMS-lede is nou net 'n oproep ver. Bel die GEMSgesondheidsorg-hulplyn by 0860 00 4367 vir gratis en vertroulike gesondheidsraad. Jy kan vra om met 'n ervare, geregistreerde verpleegkundige oor jou gesondheids- en welstandsprobleme te praat. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 193 | Wanneer jy die gesondheidsorg-hulplyn bel, kan jy ingeligte leiding ontvang oor wanneer jy 'n apteek kan besoek vir oor-die-toonbank-medisyne, en of jy dokter toe moet gaan of eerder na 'n noodgeval-gerief toe. Hierdie hulplyn bied jou vinnige toegang tot gratis gesondheidsinligting en -raad, veral vir lede wat ver van... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 194 | Let wel: Hierdie diens vervang nie jou gesondheidsorgverskaffer se mening nie. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 195 | Die moederskap-program bied ondersteuning, opleiding en raad aan swanger lede in elke stadium van hul swangerskap en in die nageboorte-tydperk. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 196 | Ons welstand-ondersoek-dae bring gesondheidsorgdienste na jou toe by jou werksplek. Hierdie diens stel jou in staat om risiko's vroegtydig agter te kom sodat jy die impak van siektes kan voorkom of minimaliseer. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 197 | Bel die Fonds by 0860 00 4367 vir meer inligting. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 198 | GEMS se benadering teenoor bedrog is een van ZERO VERDRAAGSAAMHEID. Help ons asseblief om bedrog of die moontlikheid van bedrog wat medelede, gesondheidsorgverskaffers of belanghebbendes pleeg, aan te meld. Bel gerus ons gratis, anonieme bedrog-hulplyn by 0800 21 2202 indien jy bewus is van enigiets wat ons behoort te ... |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 199 | Het jy geweet dat niemand in Suid-Afrika terselfdertyd aan twee mediese fondse mag behoort nie Dit is teen die wet en word as bedrog beskou. Voordat jy aansoek doen om by GEMS of enige ander mediese fonds aan te sluit, onthou om te bedank uit die fonds waaraan jy tans behoort? |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 200 | die tweede kwartaal se uitgawe van facets in die taal wat jy verkies. |
1 | (128200995402 AM) afrikaans.txt | 201 | n Skakel na 'n lys van al 11 amptelike tale sal verskyn. Hier kan jy kies om die nuusbrief in jou moedertaal te lees. Daar is reeds begin werk om alle Fondskorrespondensie teen 2012 te vertaal. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.